|
|
67 Lande waarin PCG lede woon 22 Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word
|
|

Dit is die PCG
Laai ‘n .pdf van ons “This is the PCG” Engelse brosjure af.
|
|
 |
|

|
|
|
Imperial elementęre studente geniet ‘n multimedia leeraktiwiteit.
Grondslag Opvoeding
Na ‘n somer van intensiewe voorbereiding het die "Philadelphia Church of God" die "Imperial Academy" ingewy deur die deure vir die 2008-2009 skooljaar op 14 Augustus oop te swaai.
"Imperial Academy" bestaan uit ‘n primęre en sekondęre skool wat op die kampus van die Herbert W. Armstrong College geleë is, en wat ‘n skoolstelsel hervestig wat oorspronklik deur Herbert W. Armstrong gestig (begin) is.
Ervare onderwysers wat van plaaslike skole oorgeplaas is en Armstrong Kollege gegradueerdes leer studente in grade K-12 ‘n omvattende kurrikulum in ‘n positiewe en opbouende omgewing.
Imperial onderrig jong mense hoe om hulle denke en dit wat hulle leer op die Heilige Bybel te grond. Hierdie grondslag, geopenbaarde kennis, open ‘n dieper begrip in alle onderwerpe—van wetenskap tot kuns tot gesondheid en verder—en berei hulle voor vir gesonde hoër onderrig as jong volwassenes. Die Bybel is dus in der waarheid die handboek vir die eerste klas van elke dag.
Die Imperial kurrikulum gebruik ook die A-Beka kurrikulum en standaarde (‘n algemeen Bybel-gegronde stelsel wat ontwikkel is vir en gebruik word deur die vernaamste Christelike skole). Imperial gebruik ook die Oklahoma Priority Akademic Students Skills as ‘n verwysing ten einde te verseker dat "Imperial Academy" alles en meer insluit wat deur die Oklahoma Educational Standards voorgeskryf word.
Benewens die gereelde kurrikulum, het studente van die primęre skool die geleentheid om aan ‘n veelsydige musiekprogram en sanggroep (die Imperial Choraliers), en elementęre fisiese (liggaams-) opvoeding, deel te neem.
Die hoërskool voorsien ‘n omvangryke keuse van kern kursusse en elektiewe, wat insluit: Węreld Literatuur, Amerikaanse Literatuur, Engelse Literatuur, Algebra, Meetkunde, Driehoeksmeting (Trigonometrie) /Voorberekening, Wiskundige Ontleding, Rekeningkunde, AP Statistiek, Natuur-en Skeikunde, Oklahoma Geskiedenis, Węreld Geskiedenis, Verenigde State Geskiedenis en die Regering van die Verenigde State.
Ander kursusse wat beskikbaar is, sluit in: liggaamsopvoeding, gesondheid, onafhanklike (solo) stem, onafhanklike (solo) klavier, Herbert W. Armstrong koor, huishoudkunde (vir dogters), nywerheidskunde (vir seuns), fotografie, rekenaars, Ierse Dans, en vakkeuses in onafhanklike studies wat onder andere die Spaans, Frans en Duitse tale insluit. Tegnologie gebaseerde klasse sluit in: Rekenaar Tegnologie, Rekenaarprogrammering, Hardeware en Toegepaste Besigheidsrekenaar soos Woordverwerking, Databasis, Elektroniese Werksblaaie, en Grafiese toepassing.
Dit is tegnologie wat die kurrikulum aan meer as net PCG jeug beskikbaar maak, en dit is wat Imperial ‘n noodsaaklike deel van hierdie eindtyd Werk maak. Die akademie beplan om in 2009-2010, sy kurrikulum op die internet beskikbaar te stel, ten einde sodoende baie meer tieners te bereik en behulpsaam te wees om ook hulle opvoeding te verbeter.
|
|
|