TUIS WELKOM ONS MENSE ONS MISSIE ONS GELOOFSOORTUIGINGS SKAKELS
Verklaring van Geloof  |  Verklaring van Aktiwiteite  |  Ons Geskiedenis  |  Herbert Armstrong  |  WCG v. PCG  |  Leerstellings

22

Vergaderplekke waar Huttefees wêreldwyd gehou word



Skrywers van die Trumpet vergader met die hoofredakteur Gerald Flurry

Verklaring van Aktiwiteite

Die doel van die ‘Philadelphia Church of God’ is om die geestelike leerstellings van die kerk te verkondig, en die vooruitgang daarvan te bevorder. Dit is ook die Kerk se verantwoordelikheid om plaaslike gemeentes en predikers te ondersteun en in stand te hou, ten einde die geloof te bou. Ter bevordering van bostaande, onderneem die ‘Philadelphia Church of God’, om:

  • Kerke te stig, te onderhou te bestuur, om in die broederlike, geestelike en opvoedkundige behoeftes van diegene van die publiek wat graag wil leer, of die godsdienstige voorskrifte en leerstellings wat met die geloof geassosieer word, te beoefen;
  • Leraars op te lei, te bevestig, te huur om vir die gemeentes te sorg en saam met hulle te arbei;
  • Geriewe te verkry, advertensies vir die Key of David televisie program te reël en te sorg dat dit uitgesaai word, opvoedkundige leesstof, oudiokassette te verkry, te adverteer en te sirkuleer, sodat die publiek vrye toegang tot hierdie, opvoedkundige voordeel kan bekom;
  • ‘n Sentrale kantoor te vestig, in stand te hou en te bestuur, om geheel en al, die beheer, koördinasie en bestuur van die ‘Philadelphia Church of God’, insluitende die algemene administrasie, boekhouding van fondse wat ontvang, fondse wat uitgegee is en ander wetlike vereistes, te versorg;
  • Beurse, en enige ander hulp, wat op ‘n aansoeker se finansiële behoeftes en die plaaslike leraar se aanbeveling gegrond is, vir ‘n kursus na ‘n somer opvoedkundige program vir die jeug en ‘n jaarlikse godsdienstige toevlugsoord, te voorsien;
  • ‘n Evangelisasie en sending bystandstelsel in bepaalde gebiede van die wêreld, waar die ‘Philadelphia Church of God’ graag ‘n gelyksoortige boodskap, soos hierbo uiteengesit, by wyse van eenderse middele, daar te stel;
  • Humanitêre finansiële bydraes of dienste deur die Armstrong International Foundation, aan nasionale en internasionale liefdadigheids- en humanitêre projekte wat deur ‘Philadelphia Church of God’ verdienstelik geag word, te voorsien.

E-pos u gedagtes aan ons
Laat weet ons wat u van die webwerf of al die ander PCG aspekte dink.

Ons Streekkantore
‘n Lys van ons posadresse wêreldwyd.


Versoek literatuur
Besoek ons uitgebreide biblioteek om boeke, boekies, tydskrifte en meer te bestel.


MysteryoftheAges.com

Amptelike webwerf van Geheim van die Eeue, Herbert W. Armstrong se finale en mees belangrikste werk.