The Philadelphia Church of God
TUIS WELKOM ONS MENSE ONS MISSIE ONS GELOOFSOORTUIGINGS SKAKELS
Key of David  |  Trumpet  |  Grondslag  |  Veldtogte  |  Literatuur  |  Bybelkursus  |  Royal Vision  |  True Education  |  JAs

Mystery of the Ages

Literatuur wat die meeste bestel was tydens 2007

1,066,000

Trumpet tydskrifte deur nuusrakke in 2007 versprei

448,500

Huidige maanduitgawe van die Trumpet

87

Verskillende PCG publikasies in 2006 geproduseer

2,608,400

Literatuur versend in 2007


Jerusalem Argeologiese Projek

Die King’s Singers tydens ‘n optrede by die Herbert W Armstrong Kollege

‘n Stigting vir Kultuur

Die Armstrong Internasionale Kultuur Stigting is ‘n nie winsgewende, mensliewende organisasie, wat deur die PCG se hoofkantoor op ‘Herbert W. Armstrong College’ kampus in Edmund, Oklahoma, geleë, ondersteun word.

Die tweeledige konsep van die Stigting se doel en aktiwiteite is: 1) dat die mens ‘n unieke wese is, met ontsaglike verstandelike, fisiese en geestelike potensiaal—waarvan die ontwikkeling aangemoedig en aangehelp, behoort te word, en 2) dat dit almal se verantwoordelikheid is om na ‘n ander om te sien en in hul behoeftes te voorsien, ‘n lering wat deur die meeste gelowe van die węreld bely word—wat toepaslik in drie bybelse woorde: “Jou naaste lief hę,” opgesom word.

Huidiglik ondersteun die Stigting verskeie aktiwiteite in Jerusalem. In 2006 het die Stigting vrywilligers, ter ondersteuning van Dr Eilat Mazar se baanbreker opgrawings, van Koning Dawid se paleis in Jerusalem, gestuur. Dit het ook gehelp om die Liberty Bell Park in die hartjie van die stad op te knap, ‘n projek wat deur Herbert W Armstrong begin is.

Die Stigting het in 1996 as die Philadelphia Foundation begin. Aan die begin van daardie jaar het dit ‘n projek hervat, wat die verouderde "Ambassador International Cultural Foundation" agtergelaat het—in samewerking met die Al-Hussein Society in Amman, Jordanië. Hierdie organisasie het PCG vrywilligers, gestuur om met fisies-en verstandelik, vertraagde Jordaniese kinders te werk en om die kulturele tradisies van Herbert W Armstrong te laat herleef. Die Stigting het ook aan die Petra National Trust hulp verleen.

Die Stigting het gedurende 1998 begin om klein konsert reekse te borg. Sedertdien, het die reeks betekenisvol, gegroei en honderde gaste na die John Amos Field House op die ‘Herbert W. Armstrong College’ kampus gelok. Skitterende kunstenaars, soos, Die Weense Seunskoor, die Eroica Trio, die Canadian Brass, die Romeros Guitar Quartet, die Berlin Philharmonic Winds, Peter Schickele, Jubilant Sykes, die King’s Singers en ander węreld bekende optredes en uitvoerings, is hierby ingesluit.

Die Stigting se konsert reeks is geskoei op die befaamde Ambassador International Cultural Foundation reekse, wat in die Ambassador Auditorium in Pasadena, California, aangebied was. Die auditorium, bekend as die “Carnegie Hall of the West Coast,” onder leiding van Herbert Armstrong was gasheer vir bekendes, soos Luciano Pavarotti, Vladimir Horowitz, Joan Sutherland, die Vienna Philharmonic en ander musikale legendes. Naas Pasadena, het die Stigting tot die verste uithoeke gestrek, Bombay na Brussels, Tokyo na Cairo, Jerusalem na London, Nepal na Okinawa en Nederland tot in die Filippyne.

Toe Herbert Armstrong se opvolgers na sy dood, alles laat dood loop het, het die Philadelphia Foundation die stukke opgetel. Ofskoon dit klein begin het, groei die Stigting steeds.

In 2004 het hierdie Stigting, ‘n 9-voet Hamburg Steinway konsert klavier en twee Baccarat kristal kandelare, wat in opdrag van die Shah van Iran vervaardig en as die kroon juwele van Ambassador Auditorium beskou was, bekom. Om hierdie onskatbare oudhede te huisves en ‘n skouspelagtige konsert byeenkomplek vir sentrale Oklahoma te voorsien, het die Stigting reeds planne in plek vir sy eie ouditorium, op die AC kampus.
 

E-pos u gedagtes aan ons
Laat weet ons wat u van die webwerf of al die ander PCG aspekte dink.

Ons Streekkantore
‘n Lys van ons posadresse węreldwyd.


Laai‘n .pdf

Laai ‘n gratis .pdf van die Armstrong Internasionale Kultuur Stigting af.  


ArmstrongConcerts.com

Amptelike webwerf van die Armstrong Internasionale Kultuur Stigting