|
|
22 Vergaderplekke waar Huttefees wêreldwyd gehou word
|
|
 |
|

|
|
|
Negentien sleutel literatuur stukke geskryf deur Herbert W. Armstrong.
Outeursreg ‘Philadelphia Church of God’
'n Menigte leiers het die wêreldwye kerk, media en humanitêre godsdienstige ryk wat God deur Herbert W. Armstrong van niks af opgebou het, na sy dood, oorgeneem.
Sy opvolgers het aangedui dat hulle met sy leerstellings en tradisies sou voort gaan. Nogtans, feitlik onmiddellik nadat hy oorlede is, het die kerk se nuwe leiers baie subtiel, veranderinge in sy geskrewe werke aangebring.
Mystery of the Ages, mnr. Armstrong, se mees bekroonde werk het in September 1985 verskyn. 'n Emosionele mnr. Armstrong het die eerste uitgawe van die boek aan Ambassador College studente opgedra, met aandrang dat hulle dit saam met hul Bybels bestudeer, met die oogmerk dat dit die bedoeling van die Bybel sal verhelder. Veranderinge aan dié boek het baie gou plaasgevind nadat die boek beskikbaar gestel was.
Kerk leiers het die boek in die lente van 1988, vir sogenaamde onbelangrike redes en vir 'n kort rukkie, "terug gehou". Dié boek sou nooit weer daarna die lig sien nie.
In 1989 is Gerald Flurry, lidmaat en leraar saam met sy assistent John Amos na die "Worldwide Church of God" hoofkwartier in Pasadena, California ontbied. Daar het hy die trekpas gekry, omdat hy getrou, aan die leerstellings van Herbert W Armstrong, gekleef het en die ontkenning van Mystery of the Ages, wat volgens die bestuur "deurspek met foute" was, betwis het, selfs terwyl die lidmate oor die algemeen onder 'n wanindruk gelaat was.
Onmiddellik hierna is die "Philadelphia Church of God" gestig en het diegene wat in God se onderrig deur mnr. Armstrong, geglo het, lidmate geword.
Die PCG het in 1997, Mystery of the Ages, onder Herbert W Armstrong se outeursreg, gedruk, dit in hul media geadverteer, en gratis: "die grootste gehoor moontlik," aan enige persoon wat dit aangevra het, versprei: Die Worldwide Church of God se teenmaatreël was om te dagvaar.
Voortvloeiend, 'n 6 jaar lange regsgeding. Die "Worldwide Church of God" het geeis dat die PCG, met die verspreiding van Mystery of the Ages, of enige ander boeke van mnr. Armstrong, moet staak. Dit, terwyl die PCG daarop aanspraak maak dat die WCG se nuwe bestuur, die kopiereg in elke sin van die woord, laat vaar het.
Die PCG het in 1999 in die distrikshof gewen, maar die Ninth Circuit Court of Appeals het gedurende die volgende jaar, in 'n verdeelde beslissing die laerhof se besluit omver gegooi. Gevolglik het die PCG die boek se druk en verspreiding gestaak.
Nadat die Hooggeregshof, ‘n appèl van die PCG geweier het, het beide kerke, op die eise-hof gekonsentreer. Die PCG het 'n teeneis vir die reg om die 18 addisionele werke van mnr. Armstrong te reproduseer, ingestel.
'n Artikel wat die geding dek, het op die voorblad van die Wall Street Journal van 21 Februarie 2001 verskyn, en is kritiek op die Ninth Circuit se opinie, in die April uitgawe van dieselfde jaar se Harvard Law Review gepubliseer.
Soos wat die hoëverwagtings vir die eisehof verminder het, en die netelige teeneis die WCG se regsgeldigheid ietwat in ‘n netelige posisie geplaas het, het die WCG die PCG genader en aangebied om Mystery of the Ages te verkoop. Na 'n reeks van teenvoorstelle het die PCG finaal daarop aangedring dat enige ooreenkoms, al 19 'werke' en die hof dokumente wat gedurende die hofgeding van krag was, moet insluit. Die PCG het die outeursreg van Mystery of the Ages, insluitende al Mnr. Armstrong se ander werke gekoop, asook die onthullingsdokumente wat gedurende die geding na vore gekom het, bekom. Raising the Ruins, 'n boek, wat op die onthullingsdokumente gebaseer is, is geskryf en dit boekstaaf die geskiedenis van die WCG wat tot die outeursreg saak aanleiding gegee het, asook die hofsaak en die resultaat. Raising the Ruins is ook in die Philadelphia Trumpet tydskrif, as 'n vervolgverhaal beskikbaar.
|
|
Versoek literatuur
Besoek ons uitgebreide biblioteek om boeke, boekies, tydskrifte en meer te bestel.
RaisingtheRuins.com
Amptelike webwerf van Raising the Ruins, wat die gebeure rondom die geveg om Herbert W. Armstrong se nalatingskap te beskerm, beskryf.
|