The Philadelphia Church of God
TUIS WELKOM ONS MENSE ONS MISSIE ONS GELOOFSOORTUIGINGS SKAKELS
Ontmoet die 2008 Young Ambassadors

Hierdie jaar se Young Ambassadors (YA’s) gaan alles oor lekker kos, die wye sport wêreld, en pittige dinge van penpunte tot plakboeke tot “asimmetrie”, tot, ja, Hungry, Hungry, Hippoes. Hier is die 2008 Young Ambassadors!


Olivia word Oli genoem deur haar mede studente vriende en Juffrou Vejil by her kleuterskool klas (by die kollege se susterskool, Imperial Academy). Sy hou van hekelwerk, om aan tuisgebakte sjokolade koekies te smul, en om na korfbal te kyk (Spurs bo!). PRETTIGE FEIT:
Olivia kom oorspronklik van Texas, maar het ook al in lande so ver as Duitsland en Japan gewoon!

  Jessica, is in Michigan gebore en daar opgevoed vir die grootste gedeelte van haar lewe, het vele toekennings vir skilderkuns, poësie en sneeu beeldhouwerk, ontvang. Sy hou jou werklikwaar van toetse; is lief vir roerbraai; en dit is haar passie om soveel moontlik te reis. PRETTIGE FEIT:
Van alle dinge het Jessica ook ‘n passie vir taalwetenskap en die asimmetriese kuns beginsel.

Jennifer is lief vir cappuccinos, kaas en sokker. Alhoewel sy gewoonlik aan Georgia dink (aangesien dit haar tuisstaat is), het sy al na Tobago en Australië gereis, en het selfs al ‘n bietjie krieket gespeel. PRETTIGE FEIT:
Wanneer sy ‘n tydjie kan afknyp, is Jennifer lief om ‘n bietjie aan haar plakboek te werk.
 

  Ashley is ‘n Switserse, Engelse, Ierse, Duitse, Skotse meisie van Ohio wie eens op ‘n tyd “kropslaai kerwer” by Wendy’s was en ‘n buitelandse munt versamelaar (nie by Wendy’s nie) is. Sy geniet ook sagtebal en kapokaartappels (nie noodwendig saam nie). PRETTIGE FEIT:
Ashley ly aan hoogtevrees, en bly weg as jy oor ‘n naald beskik!

Danielle is ‘n gelykhandige afskeidsredenaar, jazz sangeres en digter van Illinois en Iowa. Sy is lief vir skryf, lees, baanatletiek en kroukie. PRETTIGE FEIT:
Danielle is ook ‘n groot bewonderaar van enigiets wat te doen het met ‘n aarbei—piesang geur.
 

  Elise—ook bekend as Emo of Lisi (maar moet haar nie Elsie noem nie)—is ‘n meisie van Kentucky wie eens op ‘n tyd dié staat se blou lint gewen het vir haar pasteigebak. Sy is lief om kookboeke, voorskote, klassieke films (flieks) en ou handsakke te versamel. PRETTIGE FEIT:
Elise beskik ook oor ‘n versameling penpunte—ja , penpunte.

Kellie is in Puerto Rico gebore en is lief vir enige aktiwiteit wat in of naby water plaasvind. Sy het 12 van die Tien Tenore ontmoet en is ongetwyfeld hul grootste bewonderaar op die kampus. Sy is ook ‘n ywerige bewonderaar van ouderwetse musiek. PRETTIGE FEIT:
Kellie is ook lief vir tortillas, sowel as roomys.
 

  Dan, van Chicago, Ill., is lief vir Amerikaanse korfbal, gholf en die Bears. Hy het al sy regmatige deel van deelname aan unieke sporte beleef, wat lacrosse en vlugbal, insluit. Behalwe dat hy ‘n Brobdingnagian sport bewonderaar is (dit beteken “groot”—dit is sy gunsteling woord), is hy ook baie lief vir biefstuk. PRETTIGE FEIT:
Glo dit of nie, Dan het ook ‘n passie vir kookprogramme.

Brent, van Westelike Australië, het vir twee jaar in Jerusalem aan opgrawings in die Stad van Dawid, gewerk. Behalwe dat hy daar groot ontdekkings vanuit die Ou Testamentiese geskiedenis gemaak het, hou hy daarvan om branderplank te ry en om biermatjies van regoor die wêreld te versamel. PRETTIGE FEIT:
Brent het altyd tyd vir ‘n eg Amerikaanse Kluitjie met kaas.
 

  Josh, van sentraal Illinois, hou van ghitaar speel, sing, Frisbee speel, en gebruik sy eie strooitjie-drink tegniek. Benewens die feit dat hy daarvan hou om geld te spandeer hou hy ook daarvan om dit te in te samel. PRETTIGE FEIT:
Josh is ‘n self-erkende salsa-fynproewer “aficionado”.

Brandon, gebore en getoë in Indiana, is lief vir die Dodgers, lees, fotografie, en om hempsmoue te hê wat lank genoeg is vir sy arms. Hy was ook ‘n staatmaker vrywiliger in die argeologiese opgrawings in die Stad van Dawid, in Jerusalem. PRETTIGE FEIT:
Brandon het ook op die voorblad van ‘n hoë-oplaag nuustydskrif verskyn as ‘n tiener met gedragsprobleme.
 

  Douglas—gebore in Texas en het in Georgia grootgeword—is ‘n stoei, vlieg, motor en perdry geesdriftige wat deels Tseg en deels Engels is, met ‘n deels Meksikaans en deels Italiaanse aptyt. PRETTIGE FEIT:
Douglas versamel vliegtuie en het reeds in verskeie vlugte as loods opgetree.

Steve, ‘n Skotse seun afkomstig van die klein landjie, Nieu Seeland, is ‘n pianis en klavier tegnikus wat Steinway klaviere verkoop het en ‘n paar vername persone van klassieke musiek ontmoet het. Nieteenstaande sy afkoms is hy lief om die Ierse fluit te speel. PRETTIGE FEIT:
Watter tipe kos eet Steve graag as hy nie besig is om te fluit nie? Indiese kos!
 

  Harley kom van Wichita, Kansas, en sy naam kom van ‘n plek met dieselfde naam, wat “haas oopte” beteken. Hy het ses broers en susters, versamel uitnodigings, is lief vir Mediterreense kos, en skryf kortverhale en poësie. PRETTIGE FEIT:
Harley geniet dit om Hungry Hungry Hippoes te speel.