TUIS WELKOM ONS MENSE ONS MISSIE ONS GELOOFSOORTUIGINGS SKAKELS
Gemeentes  |  Hoofkwartier toer  |  Herbert W. Armstrong Kollege  |  Imperial Academy  |  PCG Jeug  |  Filadelfia Jeugkamp

67

Lande waarin PCG lede woon

22

Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word


Dit is die PCG

Laai ‘n .pdf van ons “This is the PCG” Engelse brosjure af.  



‘n Leraar spreek lede tydens ‘n Kerkdiens toe.

Byeenkomste

Alhoewel die ‘Philadelphia Church of God’ se hoofkantoor in Edmond, Oklahoma is, is daar talle gemeentes, wat oral verspreid is. In werklikheid het die kerk, duisende lede in 67 nasies, wat in gemeentes rondom die węreld byeenkom.

PCG gemeentes, vanaf Chino na Chili en vanaf Daventry na Davao, het baie in gemeen. Almal kom weekliks vir Sabbat dienste byeen, bestaande uit Bybelse, geestelike onderrig en hartlike Christelike kameraadskap. Broeders is eensgesind ten opsigte van Bybelse geloofsvertolking en onderwerp hulle aan die regering van God, wat deur die Bybel omlyn word. Hulle word aangemoedig, om nie gerieflikheidshalwe, hul eie- of vanweë ander se menings, geloofsoortuigings, te huldig nie, maar om self elke lering, Bybels te beproef. Hulle streef dieselfde geestelike doelstellings in ‘n geestelike familie atmosfeer na.

Die Kerk, ooreenkomstig die Bybel, is nie ‘n gebou nie, maar mense—‘n liggaam van gelowiges. PCG gemeentes strek van baie klein tot gemiddelde-grootte, in vergelyking met metropolitaanse godsdienstige groepe. Wat ookal die grootte, die PCG gemeentes is aktief, inskakelend, by ‘n verskeidenheid van jeug, ongetroudes, familie en senior aktiwiteite. Baie gemeentes reël pieknieks, familie aande, uitstappies, geldinsamelings, tiener-naweke en ander aktiwiteite. Menigmaal sal lede van ander state of provinsies, of self ander lande, baie ver reis om ‘n spesiale geleentheid van ‘n ander gemeente, by te woon

Die PCG is ‘n voorstaander van “ware godsdiens”: wat na weduwees en wees, omsien. In PCG gemeentes, waar spesiale sorg nodig is, word dit behartig deur diegene wat kan help, hetsy ‘n saamry geleentheid wat aangebied word, of om iemand wat oud is, se erf skoon te maak. Hierdeur, groei alle lede saam in die liefde tot God en Sy Familie.

Of dit nou ‘n handjie vol lede is, wat in ‘n veraf geleë plek ontmoet of etlike honderde, lede wat saam byeenkom, is PCG gemeentes deel van Jesus Christus se liggaam.
 

E-pos u gedagtes aan ons
Laat weet ons wat u van die webwerf of al die ander PCG aspekte dink.

Ons Streekkantore
‘n Lys van ons posadresse węreldwyd.