|
|
1,066,000 Trumpet tydskrifte deur nuusrakke in 2007 versprei 43 Key of David uitsendings opgeneem tydens die 2005-06 TV seisoen 448,500 Huidige maanduitgawe van die Trumpet 2,608,400 Literatuur versend in 2007 Mystery of the Ages Literatuur wat die meeste bestel was tydens 2007
|
|
 |
|
 |
|
 |
|
 |
Jerusalem Argeologiese Projek |
|
|
Uitgrawing van die Węreld se Grootste Paleis
Die belangrikste argeologiese ontdekking tot nog toe, kan moontlik deur die uitgrawings, wat tans in Jerusalem aan die gang is, onthul word. Die ‘Philadelphia Church of God’ is opgewonde om in die werk van die beroemde argeoloog, Dr. Eilat Mazar, te deel. Werk wat tans, aan die gang is, in die Stad van Dawid, geleë suid vanaf die Ou Stad, het Masar se opgrawings, masiewe mure ontbloot, wat na gedagte die mure van die oeroue paleis van die Bybelse Koning Dawid is.
Dr. Mazar, wat die Bybel as hulpbron gebruik het, om die ligging van die struktuur te bepaal, het in die somer van 2005, toe die 72-duim-dikke muur sigbaar geword het, internasionale aandag getrek. Pottebakkers voorwerpe, wat uit die 10- en 11de eeu V.C. dateer, sowel as ‘n 6de eeu V.C. se ‘bulla,” of seël, gegrafeer met die Hebreeuse naam Jehucal, ‘n Judese prins, wat in Jeremia 37:3 genoem word, is opgediep. Hierdie ontdekking, word as die “vonds van die eeu,” deur baie argeoloë beskou.
In gesamentlike deelname, met die Armstrong International Cultural Foundation, het ‘Herbert W. Armstrong College’ ook student vrywilligers gestuur om die terrein gedurende die tweede fase van die Mazar uitgrawings, skoon te maak. Die studente was ook behulpsaam met die katalogisering en publisering van die vonds.
Terwyl hulle in Jerusalem was, het die AC studente, die president en die kanselier met plaaslike amptenare, insluitende die Burgemeester Yuri Lupolianksi en die skrywer Dore Gold, sowel as joernaliste, militęre personeel en ander, kontak gemaak.
‘Herbert W. Armstrong College’ het tans vyf studente wat met fase drie van die projek, wat ‘n groter gebied van die terrein oopgemaak het, help
Ter samewerking het die Stigting ook bygedra tot die bewaring van die Liberty Bell Park in Jerusalem, ter herdenking van Teddy Kollek en Herbert W Armstrong. Die oorlede burgemeester van Jerusalem en meneer Armstrong, het saamgewerk om ‘n park, wat ‘n replika van die Philadelpia Liberty Bell en op 4 Julie 1978, toegewy was, te bou. Dié skenking is deel van die kollege se voortgesette pogings om die humanitęre nalatenskap van Herbert W Armstrong en sy ondersteuning aan Jerusalem, te verlewendig. Ambassador College onder leiding van meneer Armstrong, het dosyne studente gedurende 1970 gestuur om Benjamin Masar, afgestorwe oupa, van Eilat Mazar, behulpsaam te wees met sy Temple Mount uitgrawings.
|
|
|