|
|
22 Vergaderplekke waar Huttefees wêreldwyd gehou word
|
|
 |
|

|
|
|
Die leerstelings van die PCG is op die Bybel gegrond
Kerk Leerstellings
Hier volg ‘n bondige opsomming van die hoof leerstellings van die Philadelphia Church of God, tesame met die sleutel skrifgedeeltes waarop elkeen gegrond is.
- Elkeen van die leerstellings wat deur die Kerk onderhou word kan vanuit die Bybel bewys word.
- Ons glo in een God, wat ewig bestaan, die Skepper van die hemele en die Aarde en alles wat daarin is (Genesis 1:1). Die Goddelike Hoof bestaan in werklikheid uit twee persoonlikhede: die God wie die Vader van Jesus Christus geword het, en die Woord wie vlees gemaak is en die Seun van God geword het (Johannes 1:1-14).
- Ons glo dat Jesus van Nasaret die Messias was, Christus, die goddelike Seun van die lewende God is, gegenereer deur die Heilige Gees, gebore uit die vlees van die maagd Maria. Christus het die eerste keer na die Aarde gekom om te kwalifiseer om Satan op die troon van die Aarde te vervang (Matthéüs 4). Hy het ook gekom om Sy Kerk op te rig en te bou (Matthéüs 16:18) en om diegene wat onder Hom sou regeer in die Koninkryk van God op te lei. Hy het die goeie nuus verklaar van die toekomstige instel van die Koninkryk van God op die aarde (Markus 1:4-15), wat opgemaak sal wees uit die familie van God, en die regering van God sal toepas gebaseer op God se Wet. Ons glo dat die Heilige Gees die Gees van God en van Jesus Christus is – die krag van God (Handelinge 1:8; Romeine 15:19) waardeur alle dinge geskep en gemaak is.
- Ons glo dat die Skrifgedeeltes van die Ou en Nuwe Testamente God se openbaring en volledige en uitdruklike wil vir die mens is, geïnspireerd in gedagte en woord, en dat die oorspronklike geskrifte onfeilbaar is; dat dit die hoogste en finale gesag is en die bron van alle waarheid (2 Timótheüs 3:16). Ons glo dat alle leringe teenstrydig met die Bybel, vals is.
- Ons glo dat Satan ‘n geestelike wese is en as die duiwel die teenstander van God en die kinders van God is (1 Petrus 5:8). God het aan Satan heerskappy oor die wêreld vir 6,000 jaar toegestaan, waartydens hy die kinders van Adam verlei het om God se wet te verwerp en teen God te rebelleer. Satan se mag is bloot daarin geleë om mense te beïnvloed en te lei en nie om mense teen hulle wil te dwing nie. Hy regeer deur middel van verleiding (Openbaring 12:9) en met behulp van ‘n menigte demone wat rebellerende engele is, geestelike wesens, wat Satan in sy rebellie gevolg het.
- Ons glo dat die mens na die beeld van God geskape is (Genesis 1:27), en ten volle sterflik is, ondeworpe aan verderf en agteruitgang en sonder inherente ewige lewe in homself, behalwe as ‘n gawe van God, onderworpe aan die bepalings en voorwaardes van God soos uiteengesit in die Bybel. Adam en Eva het gesondig en het daardeur die doodstraf hulsef op die hals gehaal sonder dat hulle die ewige lewe ontvang het. Toe het God Satan toegelaat om al hulle kinders te verlei en die mensdom te beïnvloed om te sondig, en sodoende het die mensdom die doodstraf oor hulself gebring (Romeine 6:23).
- Ons glo dat sonde die oortreding van God se wet is (1 Johannes 3:4); dat die wet geestelik, perfek, heilig, regverdig en goed is (Romeine 7:12), dit word opgesom in die woord liefde (1 Johannes 5:3); dat dit die twee groot beginsels van liefde tot God en liefde tot die naaste insluit, en dat die Tien Gebooie die tien punte van daardie wet uitmaak (Matthéüs 22: 37-40). Ons glo dat hierdie fundamentele geestelike wet die enigste regte en ware lewensweg aan ons wys – die enigste moontlike weg na geluk, vrede en vreugde is; en dat dit ewig onveranderbaar en bindend is; en dat alle ongeluk, ellende, armoede, pyn, en rampe is as gevolg van die oortreding daarvan.
- Ons glo dat God hierdie wêreld van hulpelose sondaars so lief gehad het dat Hy sy enigste gegenereerde Seun (Johannes 3:16), wie, alhoewel in alle opsigte net soos ons in versoeking was, in die menslike vlees sonder sonde geleef het (Hebreërs 4:15) en wie vir ons gesterf het as ons verteenwoordigende en plaasvervangende offer (Hebreërs 10:12). Dit het dit wettig moontlik gemaak vir God om die mens sy sondes te vergewe en hom vry te stel van die straf, aangesien Jesus, wie se lewe groter as die somtotaal van alle mense lewens was (want dit was Hy wat hulle geskep het), die straf in die plek van die mens betaal het.
- Ons glo dat Christus uit die dood opgewek is nadat Sy liggaam drie dae en drie nagte in die graf was (1 Korinthiërs 15:3-4), en het sodoende onsterflikheid vir die sterflike mens moontlik gemaak; dat Hy daarna na die hemel opgevaar het waar Hy nou aan die regterhand van God die Vader sit as ons Hoë Priester en Voorspraak (Hebreërs 8:1; 1 Johannes 2:1-2).
- Ons glo dat almal wat hulself werklik van hul sondes bekeer in volle oorgawe en gewillige gehoorsaamheid aan God, en wat getrou Jesus Christus as hul persoonlike Verlosser aanvaar, se sondes deur ‘n daad van goddelike GENADE vergewe word (Efesiërs 1:7). Hulle word geregverdig en kwytgeskel van die straf van vorige sondes, en met God versoen (Romeine 5:9-10) en word na die doop die gawe van die Heilige Gees gegee (Handelinge 2:38) en in die liggaam van Christus geplaas, wat die ware KERK VAN GOD is. Die Heilige Gees is aanwesig in so ‘n persoon, en veroorsaak ‘n ware verandering in lewe en gesindheid, en voorsien die goddelike LIEFDE waarmee alleenlik die wet vervul en geregtigheid voortgebring kan word. By die doop word ‘n Christen deur God gegenereer en sal hy/sy in die familie van God gebore word by die opstanding uit die dood (Johannes 3:6;1 Korinthiërs 15:52). Ons glo dat God se grootste doel is om Sy familie uit te brei.
- Ons glo dat vanaf sononder Vrydag tot sononder Saterdag, die sewende dag van die week, God se Sabbat is (Exodus 20:8-11). Op hierdie dag moet ons van ons werk rus, deur die opdragte en voorbeeld van die Apostel Paulus, die Nuwe Testament Kerk en Jesus te volg. Die Sabbat is ‘n teken tussen God en Sy mense (Exodus 31:13).
- Ons glo dat die sewe jaarlikse heilige dae, soos deur God aan Israel van ouds deur Moses gegee was (Levítikus 23) – onderhou deur Christus, die Apostel Paulus en die Nuwe Testament Kerk – vandag onderhou moet word. Hierdie feesdae beeld God se plan en doel vir die mensdom uit. Die Pasga en die Dae van Ongesuurde Brode vind elke lente plaas; Pinkster word in die vroeë somer gehou. In die herfs hou ons Basuine, Versoening, die Huttefees en die Laaste Groot Dag. Die offers, wat later vervang is deur Christus se offer (Hebreërs 9:22-10:10), moet nie meer op hierdie dae of op enige ander tyd gebring word nie.
- Ons glo dat Christene verbied word om dood te maak (Exodus 20:13) of om op enige ander manier, direk of indirek, ‘n mens se lewe te neem. Ons glo om wapens op te neem, teen hierdie leerstelling is; ons weier dus bewustelik om wapens op te neem of om onder militêre gesag te wees. Christene is in werlikheid burgers van ‘n ander regering (Johannes 18:36; Hebreërs 11:13-16).
- Ons glo dat BELOFTES aan Abraham en sy “saad,” Christus (Galasiërs 3:16) gemaak is, en dat die verbonde (insluitend die Nuwe Verbond) en die beloftes met Israel verband hou. Die nasionale gedeelte van die beloftes – MATERIËLE seëninge – is aan die moderne fisiese afstammelinge van Israel (Genesis 22:15-18) gegee, maar die GEESTELIKE gedeelte van die belofte – redding/saligheid/verlossing - slegs deur Christus kom, en vrylik beskikbaar aan alle Heidene is wie ook, deur Christus, Abraham se geestelike kinders en erfgename volgens die beloftes word (Galasiërs 3:7-9,29).
- Ons glo dat die Kerk daardie groep gelowiges is wat deur die Heilige Gees gelei word; dat die ware Kerk van God nie ‘n kerkverband is nie; dat die geïnspireerde naam van hierdie geestelike organisme “DIE KERK VAN GOD” is (Handelinge 20:28); dat die opdrag van die Kerk vandag is om die evangelie van die komende KONINGKRYK VAN GOD as ‘n getuienis aan alle nasies te verkondig (Matthéüs 24:14), met die klem daarop om Amerika en Brittanje te waarsku betreffebde die profesieë wat op hulle betrekking het (Eségiël 33:7); om met God te versoen, en te red, deur Christus, die mense wat nou geroep word (Johannes 6:44); en om die Kerk van God te versorg. Lede van die Kerk word gedurende hierdie lewe spesiaal opgelei om saam met Christus in die MilIenium te regeer (Openbaring 20:6).
- Ons glo dat die die sterflike mens se enigste hoop op die ewige lewe in die opstanding geleë is. Aan die einde van die Millenium, sal ALMAL wie geleef het sonder om God te ken tot fisiese lewe opgewek word en die geleetheid tot saligheid gebied word (1 Korinthiërs 15:22; Openbaring 20:5). Ons glo dat daar ‘n opstanding van die regverdiges en die onregverdiges sal wees (Handelinge 24:15; Daniël 12:2) – die regverdiges na ‘n ewige lewe as geestelike wesens op die Aarde, die onregverdiges na die tweede dood in die hel (Gehenna) vuur waarin hulle in ewige straf verlore sal gaan (Openbaring 20:13-15).
- Ons glo dat die wederkoms van Jesus Christus naby is om die Aarde as Koning van konings en Here van die here te regeer (Openbaring 19:16); dat Hy daartydens op die troon van Dawid sal sit, alle dinge gedurende ‘n duisend jaar van regering sal herstel en die Koninkryk van God sal vestig, wat vir ewig vanaf die Aarde bestuur sal word.
|
|
Versoek literatuur
Besoek ons uitgebreide biblioteek om boeke, boekies, tydskrifte en meer te bestel.
MysteryoftheAges.com
Amptelike webwerf van Geheim van die Eeue, Herbert W. Armstrong se finale en mees belangrikste werk.
|