The Philadelphia Church of God
TUIS WELKOM ONS MENSE ONS MISSIE ONS GELOOFSOORTUIGINGS SKAKELS
Gemeentes  |  Hoofkwartier toer  |  Herbert W. Armstrong Kollege  |  Imperial Academy  |  PCG Jeug  |  Filadelfia Jeugkamp

67

Lande waarin PCG lede woon

22

Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word


Dit is die PCG

Laai ‘n .pdf van ons “This is the PCG” Engelse brosjure af.  



‘n Lugfoto van die ontwikkelende kampus vanuit ‘n noordelike aansig.

‘n Kampus omgewing - Enig in sy soort

Die PCG hoofkwartier kampus is heeljaar bedrywig, hetsy gasheer vir ‘n kamp vol woelige tieners, ‘n konferensie vir leraars van dwars oor die węreld of ‘n spesiale musiek aand vir die publiek in die algemeen. Geleë 9 myl noord van Oklahoma stad in noord Edmond, is die kampus gerieflikheidshalwe na aan die stad en tog bied die 170 akkers ook voordele van landelike Amerikaanse leefwyse.

Twee groot damme op die eiendom verskaf geleenthede om te roei en vis te vang. Die res van die kampus is ‘n omgewing van wuiwende grasvelde en woude wat oorgenoeg ruimte vir stap, draf en ander buitemuurse bedrywighede bied.

Die Amos Field House was die eerste gebou wat in 2001 sy deure oopgemaak het. Dit dien as ‘n saal vir kerkdienste, leraars-konferensies, kerklike sosiale byeenkomste, konserte en verskillende Herbert W. Armstrong College aktiwiteite, insluitende dineer, sport byeenkomste, klasse, danse en ander sosiale gebeurlikhede.

Die Pos Verwerkingsaanleg is in Julie 2004 ge-open wat die kerk se posverwerking, berging, inbelsentrum en televisie opnames, aansienlik vergroot het.

Die Administrasiesaal is in Januarie 2006 voltooi, wat dit vir die kerk moontlik gemaak het om al sy werksaamhede na die kampus te verskuif. Die statige gebou huisves kantore vir die funksionering van al die kerk en kollege se funksies.

Die Barbara Flurry Memorial Saal is ook in 2006 ge-open, wat bygedra het tot groter klaskamer ruimte en die daarstelling van moderne koshuis geriewe vir dame studente.

Die ‘Herbert W. Armstrong College’ kampus bied ‘n wye verskeidenheid fasiliteite om in alle behoeftes, te voorsien, sowel as pragtige tuinuitlegte rondom die geboue.

Daar is 20 geboue op die eiendom, wat die wonings vir fakulteitslede en studente insluit. Aanvullend tot die huidige strukture, is planne vir die pronkstuk van die kampus, ‘n ses verdieping, 800 sitplek teater kompleks, reeds voltooi.
 

E-pos u gedagtes aan ons
Laat weet ons wat u van die webwerf of al die ander PCG aspekte dink.

Ons Streekkantore
‘n Lys van ons posadresse węreldwyd.