|
|
67 Lande waarin PCG lede woon 22 Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word
|
|

Dit is die PCG
Laai ‘n .pdf van ons “This is the PCG” Engelse brosjure af.
|
|
 |
|

|
|
|
Kollege studente besig om notas te neem gedurende ‘n teologieklas.
Opvoeding met Visie
‘Herbert W. Armstrong College’ is ‘n privaat ondersteunde gemengde opvoedkundige inrigting wat ‘n twee- en vierjaar leerplan in teologie, vrye kunste, toegepaste kunste en wetenskap aanbied. ‘Herbert W. Armstrong College’ is in 2001 op ‘n 170 akker kampus in noordelike Edmond, Oklahoma gestig.
Met duisende kolleges en universiteite wat onderrig gee oor hoe om ‘n bestaan te maak, is die fokus van die ‘Herbert W. Armstrong College,’ om daardie vaardighede, en die beginsels en waardes wat na sukses lei, nie net in die werkplek nie maar ook op lewens terrein, te onderrig. ‘Herbert W. Armstrong College’ onderrig help om jong mense voor te berei om waardevolle bydraes in diens van God en die mensdom te lewer.
Die leerplan en aktiwiteite by ‘Herbert W. Armstrong College’ is daarop gerig om studente te help om hulle God gegewe potensiaal te bereik. Die kollege streef daarna om elke faset van menslike bestaan: verstandelik, fisies, emosioneel, psigologies en-die mees belangrikste-geestelik te ontwikkel. Dit is waarom AC uit ondervinding op die Bybel gebaseer is. Die Woord van God is die kern van alle kennis en daarom is die Bybel die grondslag van AC se liberale kuns opvoeding.
In aanvulling tot teologie, sluit AC klasse, geskiedenis, handel, klassieke letterkunde, tale, sosiale- en natuurwetenskap, rekenkunde, musiek en liggaamlike opvoeding in.
‘Herbert W. Armstrong College’ bied ‘n wye verskeidenheid van toevoegings vir akademikusse aan. Danse, konserte, sport, uireikings programme, klub vergaderings, kampe, kulturele aangeleenthede en ander aktiwiteite vorm ‘n belangrike deel van kollege lewe. In aanvulling tot die kollege se moderne akademiese en sport fasiliteite, huisves dit ook die “Armstrong Internasional Cultural Foundation” konsert reeks.
Elke student neem deel in die werkstudie program, ondersteun die kollege en kerk in ‘n verskeidenheid hoedanighede, terwyl elk, sy of haar, studente uitgawes, terselfder tyd afbetaal. Die program stel studente nie net in staat, om nie net skuldvry te gradueer nie, maar ook om waardevolle ondervinding en werksgeleenthede te benut, ongeag of hulle in Web ontwikkeling, grafiese ontwerpe, rekenkundige, voedingskundige, boerdery of enige ander vaardighede is. Studente is ook betrokke met die opstel van ‘n geďllustreerde tydskrif: die Envoy.
AC het ‘n aantal internasionale studente en fakulteitslede, wat ‘n omvattende kulturele aanleg tot die studente lewe bevorder en sodoende die effek van die totale opleidings-ondervinding, verhoog.
Deur ‘n wye keuse van akademiese, kulturele, sosiale, en sport aktiwiteite, beleef AC studente die ondervinding van die verlore: “onderrig met visie,” van hoër onderrig.
|
|
HWACollege.org
Amptelike webwerf van die Herbert W. Armstrong Kollege
|