|
|
Mystery of the Ages Literatuur wat die meeste bestel was tydens 2007 2,608,400 Literatuur versend in 2007 43 Key of David uitsendings opgeneem tydens die 2005-06 TV seisoen 1,066,000 Trumpet tydskrifte deur nuusrakke in 2007 versprei 87 Verskillende PCG publikasies in 2006 geproduseer
|
|
 |
|
 |
|
 |
|
 |
Jerusalem Argeologiese Projek |
|
|

Die PCG beskik oor ‘n uitgebreide literatuur biblioteek wat dosyne boeke, tydskrifte, boekies en nog baie meer insluit.
Ontbloting van Lewens Geheime
Die PCG publiseer ‘n groot hoeveelheid leesstof, wat wissel van kort herdrukte artikels na tydskrifte en lywige boeke. Inaggenome die skriftuurlike beginsel, van “Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee,” bied die kerk al sy literatuur, gratis aan.
Die PCG se hoof tydskrif is ‘The Philadelphia Trumpet.’ ‘The Trumpet’ analiseer węreld gebeure en sosiale neigings, ooreenkomstig bybelse profesie, wat ‘n vernuwende en akkurate benadering tot huidige gebeure tot gevolg het. ‘The Trumpet,’ met ‘n leserskring van oor een miljoen, dui hoe daaglikse hoofopskrifte in koerante, regstreeks aansluit by sprekende voorspellings in die bladsye van die Bybel, wat die besielende hoop bied, in die wete, dat God in beheer van vandag se stormagtige węreld gebeure is.
Die kerk druk ook ‘Royal Vision,’ ‘n twee maandelikse tydskrif, wat aan die christelike lewenswandel toegewyd is. ‘Royal Vision’ ondersoek ook onder andere—die ongelooflike menslike potensiaal, die besielende doel van die huwelik, hoekom familie, ook, onderwerpe soos gebed, Bybelstudie, meditasie, hoekom vas en die Heilige Gees. Die tydskrif ondersoek verder ook spesifieke, praktiese en Bybelse weë, van hoe om ‘n Christelike lewens wyse te verbeter.
Aanvullend tot die tydskrifte, het die Kerk, in totaal meer as 60 boeke en boekies die lig laat sien. Hierdie publikasies sluit 19 werke van Herbert W Armstrong in, wat verkry was deur ‘n ses jaar lange hofgeding met die "Worldwide Church of God", wat getrag het om die outeursregte te gebruik, om hierdie boeke, nie te laat druk nie.
‘Mystery of the Ages,’ Meneer Armstrong se laaste en grootste werk, word nou deur die PCG gedruk en kosteloos versprei. ‘Mystery of the Ages’ openbaar die Bybel se antwoorde op die lewe se diepste en mees pertinente raaisels en is deur derduisende mense węreld wyd bestel. Ander gewilde werke deur Herbert W. Armstrong, sluit ook ‘The United States and Britain in Prophecy’, ‘The Incredible Human Potential’, ‘ The Wonderful World Tomorrow’, ‘Which Day is the Christian Sabbath?’ en andere in.
Aanvullend tot Meneer Armstrong se literatuur, publiseer die kerk boeke en boekies wat ‘n wye spektrum onderwerpe dek. Vele, soos ‘Germany and the Holy Roman Empire,’ ‘The King of the South’ en ‘Jerusalem in Prophecy,’ analiseer en verduidelik Bybel profesieë, vir ons dae opgeteken, gekoppel met vandag se hoof berigte oor huidige gebeure. Ander boekies soos, ‘Why Marriage! Soon Obsolete?,’ ‘Repentance Toward God’, ‘The Seven Laws of Success’ en ‘The Proof of the Bible,’ kyk na christelike lewens beginsels, neigings in die samelewing en ander onderwerpe.
Die kerk publiseer ook die ‘Herbert W. Armstrong College’ Bible Correspondence Course,’ ‘n maandelikse program met meer as 30 aflewerings, wat elk ‘n spesifieke bybelse onderwerp aanspreek en basiese leerstellings bewys, ooreenkomstig die Skrif.
Al die kerk se leesstof is gegrond op die inhoud en gesag van die Heilige Bybel.
Bykans al die kerk se literatuur kan oplyn by the Trumpet.com. gekry word. Soos met die aanvraag, van die hardeband uitgawes van die literatuur, is intekening vir ‘the Trumpet.com’ ook eenvoudig en heeltemal gratis.
|
|
|