|
|
22 Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word
|
|
 |
|

|
|
|
PCG leraars van regoor die węreld vergader saam.
Verklaring van Geloofsoortuigings en Beleid
- Die "Philadelphia Church of God" glo en leer dat die Bybel die absolute Woord van God is, deur God geïnspireer, gevolglik, beskikbaar vir onderrig.
- Elke leerstelling wat deur die Kerk gehandhaaf word, is kan deur die Bybel gestaaf word.
- Dit is net God enigste wat kan veroorsaak dat ‘n persoon ‘n lidmaat van die Kerk word, derhalwe probeer die Kerk nie om mense onder enige omstandighede, te bekeer nie.
- Die Kerk se plig is om die wette van God aan wie ookal die begeerte het om dit te leer, absoluut gratis aan te bied.
- Die Kerk streef nie om finansiering vanaf die publiek in geheel, te bekom nie, maar maak slegs staat op lede en medewerkers se tiendes en vrywillige gawes, daarom word geen fondse van die publiek gevra nie.
- Die Kerk leer die lidmate dat die integriteit van die gesin, vir die welstand van die volk krities is.
- Leraars moet ware diensknegte wees vir lidmate en moet dus kwistigheid en uiterste leefwyses, vermy.
- Alle lidmate moet hulle aan die wette en regulasies van die regering van die dag onderwerp, terwyl hulle die voorbeeld en opdragte van Jesus Christus navolg.
- Die Heilige Gees is ‘n gawe wat van God, na ware berou, ontvang word en wat tot saligheid lei.
- Jesus Christus is die hoof van die Kerk, en nie enige mens nie.
- Almal sal langelaas herrys en die wat waardig geag word, sal met God en Christus vir ewig, gemeenskap hę.
- Sonde sal finaal die mens van God en Christus skei.
- Christus het gesterf deur ons skuld te betaal sodat ons vir ewig kan lewe.
- God gebruik ons beproewinge om Sy karakter in ons te bou, derhalwe moet ons, ons in ons beproewinge verbly.
- Die Kerk is verantwoordelik om die Publiek in die algemeen, oor die naderende, Koninkryk van God, in te lig.
Addisionele Inligting
|
|
Versoek literatuur
Besoek ons uitgebreide biblioteek om boeke, boekies, tydskrifte en meer te bestel.
MysteryoftheAges.com
Amptelike webwerf van Geheim van die Eeue, Herbert W. Armstrong se finale en mees belangrikste werk.
|