|
|
22 Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word
|
|
 |
|

|
|
|
Die vorige kampus van Ambassador Kollege.
‘n Lang en Ryk Erfenis
Die "Philadelphia Church of God" wat in 1989 gestig was, is nie sonder diep wortels en ‘n lang geskiedenis nie. Die PCG het van die "Worldwide Church of God" weg gebreek om die leerstellings en die erfenis van sy stigter. Herbert W. Armstrong, wie se diens aan God en die mensdom oor ‘n halwe eeu gestrek en dosyne lande en duisende lewens geraak het, te bevorder.
Die "Worldwide Church of God" is as die "Radio Church of God" in 1933, deur Mnr. Armstrong gestig, en die radio uitsendings van die Kerk, is op daardie tydstip, heinde en ver gereflekteer. Die kerk se naam was verander nadat die Hoofkwartier na Pasadena, Kalifornië,verskuif is, maar nog steeds het die Skriftelike boodskap ver gereik en het lidmaatskap aangehou om gedurende die laaste helfte van die 20ste eeu, te groei.
In 1947 het Mnr. Armstrong Ambassador College, ‘n vrysinnige menswetenskap en kuns inrigting, wat tot drie verdere kampusse in die Verenigde State en Engeland uitgebrei het, gestig. Hulle het gehelp om die boodskap van hoop, uit te basuin en sodoende Kerk lidmate te ondersteun.
Gedurende die laaste gedeelte van sy lewe, het Mnr. Armstrong, uitnodigings ontvang om honderde węreldleiers, te ontmoet, wat letterlik dosyne presidente, eerste ministers en konings asook honderde ander leiers van regerings, regters, onderwys, wetenskap, besigheid en industrieë, ingesluit het.
Teen die tyd dat Mnr. Armstrong in 1986, gesterf het, het die evangelie boodskap miljoene mense dwarsdeur die węreld bereik. Die "World Tomorrow" program was vir meer as 50 jaar op die lug en oor meer as 400 televisie stasies dwarsoor die węreld uitgesaai. Die Plain Truth tydskrif se sirkulasie syfers het ‘n spits van 8 miljoen bereik. ‘n Uitgebreide jeugprogram, genaamd Youth Opportunities United, duisende toegewyde Kerk lidmate en sy grootste werk, Mystery of the Ages, is ook deur Mnr. Armstrong, agtergelaat.
Na sy afsterwe het die Jordaniese Ambassadeur na Amerika, Mohammed Kamal, die volgende geskryf, “Hy was werklik ’n man van visie… Ek is daarvan oortuig dat sy kollegas met sy sending en sy groot werk, sal voortgaan.”
Die "Worldwide Church of God" se nuwe leierskap het sistematies begin om elke leerstelling en tradisie wat Mnr. Armstrong daargestel het, te verwerp en te vernietig. Onmiddellik het veranderings aan leerstellinge, wat aanvanklik vir die lidmate verberg was, die Kerk oorweldig. Meer as 7 van elke 10 lidmate was uitgedryf of uit die Kerk verban.
Die Kerk se publikasies het as gevolg verdor en die "World Tomorrow" program het heeltemal van die lug af verdwyn. Die Kerk se befaamde uitvoerende kunste reekse is gekanselleer saam met alle ander filantropiese projekte, wat gegroei het om mense vanaf Japan tot by Egipte, Indië en die Fillipynse eilande en verderaan te help.
Gedurende hierdie afvalligheid en vernietiging, het Gerald Flurry vasgeklou aan die Bybelse waarhede wat deur Mnr. Armstrong verkondig was, en het hy die "Philadelphia Church of God" in 1998, gestig. Sederdien het die PCG die ruďnes herbou en met die ryk erfenis van Mnr. Armstrong, voortgegaan.
|
|
Versoek literatuur
Besoek ons uitgebreide biblioteek om boeke, boekies, tydskrifte en meer te bestel.
MysteryoftheAges.com
Amptelike webwerf van Geheim van die Eeue, Herbert W. Armstrong se finale en mees belangrikste werk.
|