|
|
87 Verskillende PCG publikasies in 2006 geproduseer 1,066,000 Trumpet tydskrifte deur nuusrakke in 2007 versprei Mystery of the Ages Literatuur wat die meeste bestel was tydens 2007 43 Key of David uitsendings opgeneem tydens die 2005-06 TV seisoen 2,608,400 Literatuur versend in 2007
|
|
 |
|
 |
|
 |
|
 |
Jerusalem Argeologiese Projek |
|
|
Gerald Flurry sit by sy lessenaar in die Key of David ateljee.
‘n Duidelike, Opwindende Tweeledige Opdrag
Sedert die begin van Jesus Christus se bediening met net 12 dissipels, na vandag se honderde en duisende werkers, ondersteuners en mede-werkers, het God se werk ‘n kragtige taak gehad om te verrig. Die doel waarom Christus die kerk daargestel het, karakteriseer die werk—die aktiwiteite en algehele opdragte.
Dit is ‘n geestelike werk. Christus wys ons in die Nuwe Testament daarop dat die doel van God se werk tweeledig is. Eerstens, moet ons as getuies vir die wêreld, die goeie nuus van die komende Koninkryk van God, verkondig. As deel van daardie getuienis, moet ons Bybelse waarskuwings van rampe, vanweë die mensdom se sondes, wat die wederkoms van Christus vooraf gaan, publiseer. Tweedens moet die Kerk self, geestelik gevoed word, om diegene wie, deur God, vir toekomstige verantwoordelikhede onder Christus geroep word, om by sy wederkoms, alle nasies in liefde te regeer, voor te berei.
Die baie en verskeie pogings van die PCG kan, na hierdie duidelike, opwindende tweeledige opdrag, nagespoor word. Die PCG leraars en lede is toegewyd om ooreenkomstig, ‘n Bybelse lewensweg, te wandel en dit bekend te maak. Dit is ‘n weg van deel en gee, om een vir die ander om te gee, na godsaligheid in al ons handelinge met ons medemens, te strewe. Dis ‘n wyse, van familie harmonie en geluk, ‘n weg van vrede tussen nasies en mense van alle kulture en rasse. Dit is ‘n weg van inspanning en toevlug tot God om ons ongelooflike menslike potensiaal te behaal.
Jesaja het gesê: “die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.”
|
|
|