|
|
67 Lande waarin PCG lede woon 22 Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word
|
|

Dit is die PCG
Laai ‘n .pdf van ons “This is the PCG” Engelse brosjure af.
|
|
 |
|

|
|
|
PCG lede geniet 'n vleisbraai tydens 'n gemeentekamp.
‘n “Uitverkore” Volk, Ywerig in Goeie Werke
Die apostel Paulus het geskryf dat Jesus Christus “Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.” Hierdie woorde is ‘n gepaste beskrywing van die lede van die "Philadelphia Church of God" Uitverkore mense, van alle ouderdomme, rasse, opvoedkundige- en ekonomiese agtergronde, uit 67 nasies węreldwyd—nogtans is almal toegewyd, om ooreenkomstig Bybelse waarhede te leef.
Die PCG bevorder die belange van hegte familiebande en die beoefening van “ware godsdiens”-sorg vir die weduwees en wese. Lede beywer hulle om God se wette, van liefde tot Hom en liefde teenoor medemens, na te kom. Om lede geestelik te voed, het die PCG etlike maniere om hulp te verleen. Tydens weeklikse Sabbat dienste, ontvang lede, geestelike onderrig en verkeer onderling met mekaar in broederlike gemeenskap. Dikwels reël Gemeentes sosiale geleenthede soos familie pretopvoerings, openbare toespraak klubs, kampe en geldinsamelings projekte. Lede woon jaarliks ‘n sewe daagse fees, genoemd, die Fees van Tabernakels, (Huttefees) in verskillende węreld dele, insluitende Australië, Indië, Nederland, Peru en die Fillipyne by. Hierdie geleentheid is daarop gemik om Kerk eenheid en hegte familiebande deur geestelike onderrig en gesonde ontspannings, te bevorder.
Die PCG publiseer “Royal Vision” ‘n Christelike leefwyse tydskrif. 60 Boeke en boekies is gepubliseer (alle leesstof is gratis besikbaar op aanvraag); ‘n koerant vir lede; ‘n nuusbrief vir leraars van die bediening; en ‘n weeklikse profetiese oorsig, van belangrike węreld gebeure.
Vir die PCG jeug, ondersteun die Kerk jaarlikse jeugkampe, streek uitstappies, talent vertonings en publiseer ‘n jeug tydskrif. Individuele gemeentes hou gereeld Bybelstudie klasse vir kleiner en skoolgaande kinders en reël ander jeug georiënteerde aangeleenthede. Gekwalifiseerde hoërskool gegradueerdes kan die Herbert W. Armstrong College, ‘n privaat ondersteunde gemengde opvoedkundige inrigting, op die hoofkwartier kampus in Edmond, Oklahoma bywoon. Jong mans en vrouens neem hier klasse in teologie, vrye kunste, toegepaste kunste en wetenskap, Om lewenslank vir God en die mensdom ‘n waardevolle bydrae te lewer.
|
|
|