|
|
43 Key of David uitsendings opgeneem tydens die 2005-06 TV seisoen 2,608,400 Literatuur versend in 2007 87 Verskillende PCG publikasies in 2006 geproduseer 448,500 Huidige maanduitgawe van die Trumpet Mystery of the Ages Literatuur wat die meeste bestel was tydens 2007
|
|
 |
|
 |
|
 |
|
 |
Jerusalem Argeologiese Projek |
|
|

Gerald Flurry besoek Trumpet lesers na 'n toespraak in Greenville, South Carolina.
Persoonlike optredes
Die Philadelphia Trumpet maak Gerald Flurry se reeks persoonlike optredes wat in die Verenigde State, aangebied word, bekend. Die reeks veldtogte bied Trumpet intekenaars die geleentheid om die boodskap persoonlik uit die mond van die tydskrif se redakteur en die pastoor-generaal, van die ‘Philadelphia Church of God’ te hoor.
Hierdie reeks persoonlike optredes wat vroeg in 1999 eers begin het, is geskoei op die optredes wat deur Herbert W. Armstrong, aangebied was. Mnr. Armstrong se spreekbeurte het vername gehore van California na Griekeland, die Filippyne en verder, gelok.
Veldtogte van Gerald Flurry het reeds in verskeie stede in Amerika plaasgevind. Internasionale veldtogte deur ingewyde leraars, het reeds in Australië en die Filipyne, plaasgevind.
Elke veldtog dek twee aande waar Gerald Flurry optree. Trumpet intekenaars word persoonlik in ‘n spesiale brief van mnr. Flurry, na die aangeleentheid in hulle gebied uitgenooi en mag hulle, op versoek, vier toegangs kaartjies vir hulself en hul gaste bekom. Toegang is gratis.
Wanneer die aanbieding verby is, mag gaste deur die boeke en boekies wat gratis is en wat die Trumpet en die veldtog se boodskap aanvul, snuffel. Hulle kan deur boeke blaai en gratis kopieë van die literatuur, waarvan hulle die meeste hou, bestel. Hulle kan ook, sonder enige verpligting, inteken vir ‘n opvolg Bybel-studie, in dieselfde gebied as waar die veldtog gehou was en sodoende, meer van wêreld gebeure en wat die Bybel in verband daarmee verklaar, te wete kom.
Terselfdertyd kan gaste ook na die tyd die kans benut om na die voorlegging self met mnr. Flurry te gesels en vrae te stel en meer te leer oor wat bespreek was.
Jesus Christus se besielende opdrag aan sy dissipels in Matthéüs 10:23, word deur hierdie persoonlike veldtogte bevredigend vervul. Dit is nie net 'n nugtere waarskuwing wat uitgedra word van dit wat op die punt staan om ons gemeenskappe te tref nie, maar ook die opwindende, hoopgevulde gebeurtenis wat net daarna gaan plaasvind, naamlik: "Seun van die mens," se wederkoms.
Vir meer inligting, besoek GeraldFlurry.com.
|
|
GeraldFlurry.com
Amptelike webwerf van die persoonlike optrede veldtogte.
|