
|
|
'n BOODSKAP VAN DIE PASTOOR-GENERAAL
|
Groete, vriende! Ek is Gerald Flurry.
Welkom by pcog.org, die amptelike webwerf van die Philadelphia Church of God. Hier kan u meer omtrent die Kerk, ons missie, ons mense, ons geloofsoortuigings te wete kom.
Met Jesus Christus as ons Hoof, verkondig die Kerk dieselfde evangelie wat Hy geleer het, die blye boodskap van die Godfamilie en die komende koninkryk van God. Deur te volhard met die bybelse leringe, humanitêre en opvoedkundige aktiwiteite wat deur Herbert W. Armstrong nagelaat is, verkondig die Philadelphia Church of God die evangelie deur alle middele tot ons beskikking, insluitend televisie, literatuur, die Internet en persoonlike optrede veldtogte. Lees meer oor ons werk in die “Ons Missie” afdeling.
Die Kerk is in `n wye verskeidenheid aktiwiteite betrokke, van Edmond tot Brisbane tot Jerusalem. Ons hoofkwartier kampus is in Edmond, Oklahoma en is propvol aktiwiteite die hele jaar. Of dit `n Herbert W Armstrong Kollege funksie, `n Philadelphia Jeugkamp, `n Armstrong Internasionale Kulturele Stigting konsert of enige ander aktiwiteit is, daar is altyd iets aan die gebeur op ons snelgroeiende kampus. Konstruksie is tans in die proses vir die Kerk se uitvoerende kunste sentrum, wat van die wêreld se beste talent sal vertoon.
Lede van die Philadelphia Church of God vergader in gemeentes regoor die wêreld, waar hulle God se Woord leer, gemeenskaplik verkeer en bydra tot die Kerk se missie. Die gemeentelede in Australië, Kanada, Nieu Zeeland, Suid-Afrika, Suid-Amerika en die Verenigde Koninkryk word vanuit kantore in die onderskeie streke gedien. Ons mense is ook besige mense; lees meer oor hulle in die “Ons Mense” afdeling.
Indien u `n vraag het oor een van die Kerk se leringe, kan u meer daaromtrent lees in die “Ons Geloofsoortuigings” afdeling of op die theTrumpet.com literatuur bestel.
Ek is bly om u te verwelkom by die pcog.org en hoop dat u u besoek sal geniet.

|
|