|
|
22 Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word
|
|
 |
|

|
|
|
Herbert W. Armstrong, 1892-1986.
Die Mees Merkwaardigste Man Van Die 20ste Eeu
Herbert W. Armstrong was uitgewer, opvoeder, uitsaaier, filantroop, "onoffisieële ambassadeur vir węreld vrede," ‘n kennis en vriend van węreld leiers.
Mnr. Armstrong wat in 1892 gebore is, het die koms van die industriële-, vervoer-, kern-, ruimte, en inligting eeu beleef. Hy het twee węreld oorloë, revolusies in die kultuur, ekonomie, oorlogvoering, en die gemeenskap waargeneem.
Deur God tot Sy diens geroep, van ‘n belowende loopbaan in adertensiewese ontneem, en heeltemal teen sy sin, het Mnr. Armstrong jare van armoede beleef en vanaf die kleinste begin, dit wat ‘n reuse węreldwye werk sou word, God se boodskap van vermaning, en besielende hoop, verkondig.
Hy het 'n pionier geword en die węreld se leier in tele-evangelisasie en een van die mees prominente godsdienstige leiers van die 20ste eeu, wat gesien, gehoor en deur miljoene nagevolg was.
Ambassador College is in 1947, deur Mnr. Armstrong te Pasadena gestig, en hy het later nog twee ander kampusse, te Big Sandy, in Texas en Bricket Wood in Engeland, bygevoeg. Duisende studente het in hierdie lewens-veranderde instellings van hoër geleerdheid, onderrig ontvang.
In die latere gedeelte van sy lewe, het mnr. Armstrong Staatshoofde en ander hooggeplaasde amptenare węreldwyd ontmoet. In sy omgang met konings, prinse, presidente, eerste ministers, burgemeesters, regslui, lede van die wetgewende en ander regerings leiers, gemeenskaps- en besigheidslui, het hy bekend geword as 'n "ambassadeur vir węreld vrede sonder portefeulje."
Toe hy in 1986 oorlede is, het mnr. Armstrong, 'n kerk met 725 gemeentes in 57 lande met 'n weeklikse, węreldwye, bywonings syfer, van 120,000, lidmate en 1,200 leraars, nagelaat. Sowat 210,000, ander mense het gereeld bydraes vir die werk gelewer en het die kerk meer as $160 miljoen jaarliks ontvang—meer inkomste as wat Jimmy Swaggart, Oral Roberts, Jim Bakker, Jerry Falwell of Robert Schuller, populęre tele-evangeliste van daardie tyd, ontvang het.
Swaggart, Roberts en Falwell, se programme, was onderskeidelik op 197, 192 en 172 televisie stasies, bemark. Die World Tomorrow, met Herbert Armstrong kon op 382 stasies gesien en op 36 radio uitsendings, węreld wyd gehoor word.
Die kerk se belangrikste tydskrif, die Plain Truth, was in 7 tale beskikbaar met 'n węreldwye sirkulasie van 8.4 miljoen. Die kerk se Christelike leefwyse tydskrif, Good News, het 'n sirkulasie van 828,000 gehad. Hierdie twee tydskrifte saam, het die gesamentlike verspreiding van die Times en Newsweek, oortref.
Onder die beheer van mnr. Armstrong, het die kerk ook 'n gewilde jeug blad, met 'n verspreiding van 2.3 miljoen, gepubliseer. 'n Korrespondensiekursus van 32 lesse, wat oor ‘n 30 jaar tydperk meer as 2 miljoen inskrywings gehad het, sowel as 'n wavrag boeke en boekies. Meer as 40 miljoen boeke en boekies is oor die 50 jaar lange bedienings periode van mnr. Armstrong, versprei, waarvan die boek, The United States and Britain in Prophecy, die meeste in aanvraag was, naamlik 6 miljoen. Gedurende die periode 1980 tot 1985, het die kerk 447.5 miljoen boeke, boekies, tydskrifte, koerante, lesse van die korrespondensiekursus en briewe versprei. Net in 1985 alleen, is 1.1 miljoen telefoon oproepe be-antwoord, 6.7 miljoen pos stukke ontvang en 2.1 mil.joen nuwe name op die databasis bygevoeg.
Teen die einde van 1985, was mnr. Armstrong se laaste boek, Mystery of the Ages, die oomblik toe dit van die drukkers ontvang was, in minder as 4 maande, deur 740,000 mense bestel, en was dit van al die boeke, die boek wat die grootste aanvraag geniet het. Hierdie boek was die publikasie wat die vinnigste ooit, tot op daardie tydstip, deur die kerk gepubliseer en versprei was.
Alhoewel mnr. Armstrong se opvolgers dit ten sterkste sal ontken, het Ronald Reagan, President van die V.S.A. na die nuus dat hy oorlede is, die sentimente van lidmate en nie lede as volg opgesom, "Mnr. Armstrong het 'n bydrae gelewer om die Woord van God met sy gemeenskap en met die volk te deel. U kan trots op sy nalatenskap wees."
|
|
Versoek literatuur
Besoek ons uitgebreide biblioteek om boeke, boekies, tydskrifte en meer te bestel.
MysteryoftheAges.com
Amptelike webwerf van Geheim van die Eeue, Herbert W. Armstrong se finale en mees belangrikste werk.
|