|
|
67 Lande waarin PCG lede woon 22 Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word
|
|

Dit is die PCG
Laai ‘n .pdf van ons “This is the PCG” Engelse brosjure af.
|
|
 |
|

|
|
|
Die Volgende Entoesiastiese Geslag
PCG Jeug is 'n belangrike deel van die kerk se karakter en strek van California na Perth en van Buckinghamshire na Gauteng. Gedagtig daaraan dat Jesus spesiale aandag aan die jeug geskenk het, word hulle deur die kerk op verskeie maniere gedien.
Die PCG borg jaarlikse jeugkampe in die Verenigde State, Australië en die Filippyne, sowel as streeks- kampe, familie byeenkomste en talent kompetisies. Hierdie aktiwiteite kan baie verskil, maar het almal een doel ingemeen: om persoonlike groei te bevorder, opwindende ervarings en pret te hę. Deur hierdie aktiwiteite bou die PCG jeug, hegte vriendskapsbande wat hulle in staat stel om ingestel op die goddelike leefwyse te wees en om die slaggate waarin die jeug so maklik verval, te vermy. Hierdie vriendskappe, wat oor land en see strek, is in baie gevalle, van besondere betekenis in die PCG jeug se lewens.
Die kerk publiseer ook ‘n tydskrif spesiaal vir die kerk se jeug, wat True Education genoem word. Hierdie tydskrif bevat dinamiese bybelse oogmerke en is baie gewild onder die kerk se jong mense.
Individuele gemeentes hou gereeld Bybelstudie klasse vir tieners, en Bybel-klasse vir kleiner kinders, asook gasheer wees vir ander jeug georiënteerde gebeurlikhede. Baie jong mense dien ook vrywilliglik in hul plaaslike gemeentes, hetsy om stoele reg te sit of om te leer om die klankstelsel te bedien.
Na matriek, kan studente ‘Herbert W. Armstrong College’ bywoon, ‘n privaat ondersteunde mede-opvoedkundige instituut , geleë op die hoof kampus te Edmond, Oklahoma. Jong mans en dames neem hier klasse in teologie, liberale kunste en toegepaste kuns en wetenskap ter voorbereiding vir ‘n sinvolle lewenslange diens aan God en die mensdom.
Of hulle nou mikrofoon-drade voor kerk dienste aanlę, aandagtig gedurende tiener Bybelstudie luister, of karre met tuinslange by ‘n karwas-fondsinsameling afspuit, is PCG tieners die entoesiastiese opkomende geslag, van die kerk.
|
|
TrueEducation.org
Amptelike webwerf vir die True Education, ‘n tydskrif vir die PCG jeug.
|