|
|
67 Lande waarin PCG lede woon 22 Vergaderplekke waar Huttefees węreldwyd gehou word
|
|

Dit is die PCG
Laai ‘n .pdf van ons “This is the PCG” Engelse brosjure af.
|
|
 |
|

|
|
|
Dosyne kampeerders by ‘n Filadelfia Jeugkamp oriëntasie.
Leer om volgens die weë van God te lewe
Die ‘Philadelphia Church of God’ is gasheer vir ‘n reeks internasionale jeug kampe, om die jeug uit te daag, te stimuleer, aan te moedig om gemotiveerde en gebalansseerde indiwidue te word.
Dié program is in 1992 op voorstel van John Amos gestig, net drie jaar nadat, die kerk begin het. Dit het in die Verenigde State begin en het sedertdien uitgebrei na Australië en die Fillipyne; Sedertdien is kampe ook in Europa en Afrika gehou.
Die Verenigde State kamp—wat die grootste en langste (drie weke) met 120 kampeerders is, het in 2002 na die Herbert W. Armstong College verskuif. Die personeel is AC studente en fakulteitslede. Die program sluit ‘n verskeidenheid van sport en ander aktiwiteite in: basket-, sagte- en vlugbal, sokker, boogskiet, fietsry, landloop en veld byeenkomste, dans, debatvoering, Bybelklasse, etiket, ontspanningsaande, huisbesoek aan die Pastoor-Generaal, ander personeellede en dies meer.
Die wye reeks aktiwiteite bevorder die kampeerders se liggaamlike, verbeeldings en geestelike- groei en beklemtoon positiewe, aanmoedigende en ‘n opheffende manier van lewe, soos in die Skrif, uiteengesit. Tydens die kamp, vind mens dat kampeerders en werkers elke span en deelnemer aanmoedig, van die eerste tot die laaste een. Kampeerders word ook geleer om waar nodig, in te spring en hulp aan te bied, wat ‘n gelukkige en seepgladde kamp ondervinding waarborg.
Een van die mees belangrike aspekte van die kamp is om sterk vrienskapsbande met ander jeugdiges op te bou. Met meer en meer jongmense in die samelewing wat hulle hoofsaaklik ophou met misbruik van middels, promiskuďteit, geweld, negatiewe en selfsugtige leefwyse, bied ‘n kamp aan die kerk jeug die geleentheid om positiewe, gesonde en besielde lewens te lei saam met vriende en toekomstige vriende, met dieselfde gesindheid. Ondervinding het geleer dat hierdie soort vriendskap, lewenslange vriendskappe bly.
Kampe is ‘n hoogtepunt vir die PCG jeug en ‘n aangename herinnering vir die PCG volwassenes. Dit is ‘n positiewe bewys, dat om ooreenkomstig die weë van God te leef, baie plesierig kan wees.
|
|
|